Afrikaans

Hoe om jou program veilig te heropen

Voordat jy jou program veilig kan heropen, moet jy ʼn paar dinge doen om seker te maak dat jou program en fasiliteit gereered is. Doen die vasvra nadat jy die video gekyk het en die notas gelees het om jou begrip te kontroleer. Jy sal die vasvra soveel keer kan doen as wat jy nodig het om suksesvol te wees en sal met die korrekte antwoorde gelei word. Sodra SmartStarters AL DRIE vasvrae suksesvol voltooi het, ontvang hulle ʼn voltooiingsertifikaat. Voorspoed! Vra jou opleier om jou te help as jy sukkel.

2. Standaard- Bedryfsprosedures vir die VKO-programme in die tyd van Covid-19

Ten einde te verseker dat jou programme veilig met al die Covid-19- voorsorgmaatreëls heropen en bedryf word, vereis die regering dat jy spesiale maatreëls instel om met die voorkoming van Covid-19-besmetting te help. Die regering het ʼn Standaard- Bedryfsprosedure en spesiale Aanwysings uitgereik waarin uiteengesit word wat hierdie maatreëls is. Ons Standaard- Bedryfsprosedures vir VKO-programme tydens Covid-19-opleiding help jou om dit te verstaan en te weet wat jy moet doen.

3. Hoe om jou program vir Covid-19 aan te pas

Ons almal moet ons lewens en werk aanpas om seker te maak dat ons die verspreiding van Covid-19 kan keer en dat ons veilig bly. VKO-programme moet ook hul daaglikse roetines en aktiwiteite by die nuwe vereistes aanpas. In hierdie opleiding leer jy hoe om jou daaglikse program vir Covid-19 aan te pas. Sodra jy die video gekyk en die notas gelees het, moet jy die vasvra voltooi om jou begrip te kontroleer. Jy sal die vasvra soveel keer kan doen as wat jy nodig het om suksesvol te wees en sal met die korrekte antwoorde gelei word. Sodra SmartStarters AL DRIE vasvrae suksesvol voltooi het, ontvang hulleʼn voltooiingsertifikaat. Voorspoed! Vra jou opleier om jou te help as jy sukkel.

Keep up with us!   
Got a question?   
Keep up with us!

Got a question?

You are about to leave a free site

 

Go

You are about to leave a free site

 

Go

You are about to leave a free site

 

Go